DESCRIPTION

Pepermossie (named after an Afrikaans song for a Pepermossie - by Laurika Rauch) is a rustic wedding / functions venue on the outskirts of Bloemfontein. It happened by purely looking for a venue that could accommodate our special needs for a birthday party with a touch of nostalgia and elegance and with a hearty welcome and Free State Flair. From there everything just fell in place and one thing led to another. Looking at the city lights by night, but with the difference of having pure joy of nature and birds and tranquility.

Hennie and Ertjies, together with their qualified staff will cater for all your needs and ensure a seamless function or fairy-tale wedding.

VENUE ADDRESS

Pepermossie Venue and Guest House, Bainsvlei, Bloemfontein, South Africa

LOCATION
  • Pepermossie Venue and Guest House, Bainsvlei, Bloemfontein, South Africa

RECEPTION HALL

Ons Venue is ontwerp met al die natuurlike elemente van hout, klip, baksteen en sement. Groot houtdeure wat kan oopswaai op wye stoepe en lowergroen grasperke laat die natuur toe tot binne-in die lokaal. Die rustigheid van die natuur word genooi om sommer te kom nesmaak hier neffens jou. Die Mossie is n stukkie hemel op aarde waar mense net kan ontspan en al die mooi geniet.. Die elemente is vasgevang met regte ouwêreldse flair binne die lokaal. Pasgemaakte groot houtafels en stoele voltooi die feestelike atmosfeer. Ons fokus is op fyn detail, en die individuele behoefte van elke gas. Gaste kan net terugsit ontvang indrink en verfris terugkeer na hulle tuiste. Die dekor is verfrissend mooi met n tikkie nostalgie en eg Suid Afrikaanse kultuur. Die voorsit en aanbieding van ons voedsel en alle verwante kosse is geurig met flair en styl en vars garnering. Keurig en Smaaklik.

ACCOMMODATION

Dit is met groot vreugde dat ons vir julle kan sê Die Mossie se verblyf is voltooi. Ons het 20 kamers wat 40 mense kan akkomodeer.

Ons is baie opgewonde oor die nuutse verwikkeling! Die pryse is as volg:

R1100 per kamer vir 2 mense, ontbyt ingesluit.
R850 per kamer vir 'n enkel persoon, ontbyt ingesluit.
R275 vir kinders onder die ouderdom van 6, ontbyt ingesluit.
R550 vir kinders bo die ouderdom van 6, ontbyt ingesluit.

 

Kontak ons vir spesiale pryse indien al 20 kamers bespreek word.

Voor u bespreek, doen asb. navraag oor ons spits tariewe vir sekere tydperke.

CONTACT US

    SERVICE PROVIDERS

    Freestate Wedding Suppliers

    Advertise Here!
    Sponsored
  • Comments are closed.